‘N FEES VIR ALMAL!

KOMEDIE

Alfred Adriaan: Van Hankey

Met Alfred Adriaan
Taal: Afr
Geen o/16 T
Venue: Fluweelkamer
Datum en tyd: 2 Mei 19:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R120

Alfred het al lagspore gelaat in Perth, Sydney en New York. By die Suidoosterfees kyk hy terug na sy kinderjare in die Oos-Kaapse dorpie Hankey. In Hankey kan mens nie sommer net panky nie. Veral nie as jou familie heeltyd oor jou skouer loer en boonop verkeerde raad uitdeel nie. Kom ontspan, lag en pink selfs ’n traan saam met dié ontluikende komediester.

Ikie en Mo wil trou

Met Ikhraam Botha, Whadia Samuels en Wafeeqa Samuels
Skrywer en regisseur: Ikhraam Botha en Whadia Samuels
Musiekregisseur: Ikhraam Botha en Whadia Samuels
Taal: Afr, Eng
Venue: Nati Arena
Datum en tyd: 2 Mei 14:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R100

Ikie ontmoet sy droomvrou by Hanover Park se KFC. Maar is Mo werklik dié een? Die dag toe hy haar vra of hy ’n aandjie saam met die manne kan uitgaan, kom haar ware kleure na vore: dié van ’n volbloed Cape Flats girl. Skreeusnaaks én propvol drama – kom aanskou hoe stormagtig loop hulle pad na die kansel.

Marc Lottering: Not a Musical

Supported by Son
With Marc Lottering  
Venue: Opera House
Date and time: 27 April 13:30
Duration: 70 min
Price: R140 | R120 | R100

After a sold out season, Marc Lottering, brings his latest stand-up show for a final performance at the festival. On top form, Marc share tales of his maiden trip to Thailand and the adventures he experienced in Phuket. Contrary to popular belief, what happens in Phuket, does not stay in Phuket! Not to be missed. And definitely not suitable for children.

Mariette Loubser: Toe Apple nog ‘n vrug was

Met Mariette Loubser
Taal: Afr
Venue: Fluweelkamer
Datum en tyd: 1 Mei 19:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R120

Die skreeusnaakse Mariette Loubser omgord haar lende met humor en deernis wanneer sy die mensdom bekyk. As dit by tegnologie kom, is ons kwansuis vreeslik ver gevorder. Maar boer ons nie eintlik net in trurat nie? Al die hipsters verlang skielik terug na die dae toe ’n mall ’n markie … en Apple ’n vrug was!

Nik Rabinowitz: Late Bloomer

With Nik Rabinowitz
Taal: Eng.
Geen o/14 T
Venue: Fluweelkamer
Datum en tyd: 27 April 20:00
Tydsduur: 55 min
Prys: R120

The world’s only Xhosa-speaking Jewish comedian in his latest one-man show! Rabinowitz tackles issues like DNA fingerprints, his unique identity and heritage. How did he end up here in the first place? And where is he heading to? Should he chuck his mortgage and go back to Lithuania – wife, kids and pets in tow?

Schalkie en Cassie hou konsert

Met Schalk Bezuidenhout en Casper de Vries
Verhoogbestuur: Erns Grundling
Vervaardiger: Erns Grundling
Taal: Afr
Geen o/14 T
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 1 Mei 20:00
Tydsduur: 70 min
Prys: R120 | R80

As dit by Afrikaanse stand up-komedie kom, is die een ’n lewende legende, en die ander die opwindendste nuwe stem. Oefen solank jou lagspiere vir dié kragtoer, want hierdie karnallies se splinternuwe produksie bevat hul beste materiaal tot nog toe. Skreeusnaakse interaksie met die gehoor is gewaarborg, wees dus gewaarsku!

Toneel en Woordkuns

Afrikaans, almal se taal

Debuut
Met Maurice Paige en Emile Smit
Teks: Thomanda Sheldon
Regie: Andre Samuels
Taal: Afr
Geen o/16
Venue: Nati Arena
Datum en tyd: 3 Mei 10:00
Tydsduur: 70 min
Prys: R120

’n Outistiese seun. Sy oom wat sy beste vriend is. ’n Wit ma wat die grusame waarheid oor die kind se herkoms diep wegbêre. Die effek van leuens wat mens keer om die lewe vierkant in die oë te kyk. In hierdie produksie word geheime ontrafel wat gehoorlede na hul asems sal laat snak.

Beet

Debuut
Met Andre du Preez
Teks: Braam van der Vyver
Vervaardiger: Planet Blue
Taal: Afr
Geen o/14
Venue: Opskiet Teater
Datum en tyd: 27 April, 1, 2 en 3 Mei 15:00, 18:00, 19:00; 28, 29 en 30 April 18:00, 19:00, 20:00
Tydsduur: 45 min
Prys: R100

Beethoven sou vanjaar 250 jaar oud gewees het. Nou bring die opwindende nuwe talent, Ben Pienaar, vir Ludwig – Beet, soos sy vriende hom noem – skitterend na die verhoog. Beet vier die lewe van dié boheemse musikale genie wat doof geraak het, op aangrypende wyse.

Beet

Debuut
Met: Andre du Preez    

Brandbaar

Ondersteun deur NATi, Kunste Onbeperk en Toyota US Woordfees
Met: Rehane Abrahams en Lukhanyiso Skosana
Teks: Rehane Abrahams, vertaal deur Jason Jacobs
Regie: Sara Matchett
Musikale regisseur: Lukhanyiso Skosana
Choreograaf: Kerry Lynn Smith
Taal: Afr
Geen o/14 T
Venue: Nati Arena
Datum en tyd: 28 April 19:00 en 2 Mei 20:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R100

Womb of Fire, nou in Afrikaans, is met drie Woordtrofees en twee Fleur du Cap-toekennings bekroon. Dit verweef die verhale van twee vroue in die Kaapkolonie se beginjare: Grote Katrijn van Pulicat wat as slaaf van Indië via Batavia in die Kaap aangekom het, en die KhoeKhoen-dienskneg Zara wat aan die VOC se verkeerde kant beland. Dié wenstuk pak kolonialisme teen die epiese agtergrond van die Sandskrit-teks The Mahabharata.

Crimplene Cuisine

Ondersteun deur Spekko
Met Marinda Engelbrecht en Herman Lensing
Vervaardigers: Marinda Engelbrecht en Herman Lensing
Skrywer en regisseur: Marion Holm
Beligtingsontwerp, tegniese versorging, klankbaan, musiek en verhoogbestuur: Gaerin Hauptfleisch
Taal: Afr
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 2 Mei 11:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R120 | R80

Die gewilde Lensing en Engelbrecht kuier gul saam met Suidooster-gehore. Dis die aand voor hulle Suid-Afrika in ’n koskompetisie verteenwoordig. Hulle moet voorberei en besluit wat hulle gaan kook. Tussen die kosgeselsies kom die lekkerste stories uit – sommige snaaks, party nostalgies en ander selfs ’n bietjie hartseer. Crimplene Cuisine bied voedsel vir die siel én lyf.

Die dinge van ‘n kind

Ondersteun deur NATi, Aardklop en die LW Hiemstra Trust
Met Cintaine Schutte
Teks: Francois Toerien, na die roman van Marita van der Vyver
Regie: Nicole Holm
Vervaardiger: Arena Produksiehuis
Verhoogbestuur: Lize van Rooyen
Klankbaan: Schalk Joubert
Taal: Afr
Geen o/16 T, S
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 1 Mei 15:00
Tydsduur: 90 min
Prys: R120 | R80

‘Stick with me, baby. Ek kan nie belowe dat ek jou famous sal maak nie. Maar jy sal fun hê langs die pad.’ Mart se opwindende, maar ook ontnugterende inisiasieproses begin met dié woorde van haar rebelse kamermaat. Die traumas van grootword, swangerskap en selfmoord speel af teen die 70’s se era van politieke leuens en die grensoorlog. ’n Móét vir feesgangers.

Krismis van Map Jacobs

Aangebied deur die Cape Heart Community & Educational Theatre Company in vennootskap met Artscape Theatre Centre

Met: Marlo Minnaar, Emile Smit, Sanchia Davids, Robyn Rossouw, Gail Juta, Keenan Herman, Lee Roodt, Jurgen McEwan, Redione Stephens en Charlton George
Teks: Adam Small
Regie: Andre Samuels
Afrikaanse Voorgeskrewe werk vir graad 12
Geen o/13
Taal: Afr
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 28, 29 en 30 April 10:30 en 14:30
Tydsduur: 90 min
Prys: R80

Na sewe jaar in die tronk is ’n gevreesde bendeleier uit op parool. Almal wonder: Het Map Jacobs verander of is hy steeds die ou Map? Adam Small se ikoniese drama ondersoek die verwoestende effek van gedwonge verskuiwings en maatskaplike euwels op die Kaapse Vlakte-gemeenskap. ’n Boeiende blik op die lief en leed van ontworteldes wat desperaat hunker na ’n beter bestaan.

Krismis van Map Jacobs

Aangebied deur die Cape Heart Community & Educational Theatre Company, in vennootskap met Artscape Theatre Centre

Met: Marlo Minnaar, Emile Smit, Sanchia Davids, Robyn Rossouw, Gail Juta, Keenan Herman, Lee Roodt, Jurgen McEwan, Redione Stephens en Charlton George
Teks: Adam Small
Regie: Andre Samuels
Afrikaanse Voorgeskrewe werk vir graad 12
Geen o/13
Taal: Afr
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 28, 29 en 30 April 10:30 en 14:30
Tydsduur: 90 min
Prys: R80

Na sewe jaar in die tronk is ’n gevreesde bendeleier uit op parool. Almal wonder: Het Map Jacobs verander of is hy steeds die ou Map? Adam Small se ikoniese drama ondersoek die verwoestende effek van gedwonge verskuiwings en maatskaplike euwels op die Kaapse Vlakte-gemeenskap. ’n Boeiende blik op die lief en leed van ontworteldes wat desperaat hunker na ’n beter bestaan.

Namatjenners

Debuut
Met Danneline Ramsden, Vito Heyn en Gousblom-Namastappers
Regie: Ivor Price
Verhoogbestuurder: Quinton Stuurman
Taal: Afr
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 27 April 15:00
Tydsduur: 60 min
Prys: R120 | R80

Eg soos plaasbotter; genietlik soos askoek. Namatjenners, met Ivor Price as regisseur, is ’n unieke storievertel-, musiek- en dansproduksie. Danneline Ramsden, Suid-Afrika se enigste professionele Afrikaanse vroue-storieverteller, en die kletsrymer Vito Heyn neem jou saam met die Gousblom-Namastappers op ’n onvergeetlike reis deur hul grootwordwêreld. Ongetwyfeld ’n feeshoogtepunt.

Opdrifsel

Vervaardiger: Kunste Onbeperk
Met Brendon Daniels en Tinarie van Wyk-Loots
Teks en regie: Philip Rademeyer
Verhoogbestuur: Andi Colombo
Stel- en beligtingsontwerp: Juanita Ferreira
Taal: Afr
Geen o/16 T, S
Venue: Nati Arena
Datum en tyd: 27 April 20:00, 29 April 19:00
Tydsduur: 80 min
Prys: R120

Mara en Bernard verloor hul tienerseun, Dylan, en daarmee saam hul idee van familie, van ‘ons’. Hulle rou op verskillende maniere en sukkel om mekaar te ondersteun. Daar is baie vrae, maar geen antwoorde nie. Verwyte, woede, beskuldigings en toe deure kenmerk hul smart tydens die eerste Kersfees sonder Dylan. ’n Aangrypende storie oor mense wat hulleself én mekaar in die donkerte van rou verloor – en weer moet vind.

Queenie-hulle

Ondersteun deur AK 21 en NATi
Vervaardiger: Aardklop
Met Louw Venter, Jill Levenberg, Brendon Daniels, Lynelle Kenned, Jaques de Silva
Teks: Christo Davids en Lloyd Davids
Regie: Christo Davids
Taal: Afr
Geen o/16 T
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 30 April 20:00, 1 Mei 10:00
Tydsduur: 70 min
Prys: R120 | R80

Die bergies wat al jare lank op die Goeie Hoop-sentrum se trappe bly, het ’n ongewone werksdag: Jerry het net R10 gekry vir twéé ure se karre oppas, iemand het die gemeenskaplike dop uitgesuip, en Queenie daag op met ’n brief van die stadsraad wat hulle uit hul blyplek sit! Hoe nou gemaak? Hulle besluit op ’n brief aan die goewerment; of nee, ’n memorandum …

Wilde-Als

Ondersteun deur KunsStig en NATi
Vervaardiger: Aardklop en KKNK
Met Dawid Minnaar en Jana Cilliers
Teks en regie: Wessel Pretorius
Verhoog- en produksiebestuur: Nastassja Jooste
Taal: Afr
OB
Venue: kykNET Teater
Datum en tyd: 27 April 20:00
Tydsduur: 75 min
Prys: R120 | R80

Die beroemde Hilde Kraus sukkel om haar finale roman te voltooi, jare ná haar laaste poging. Sy wroeg deur kronkelpaaie van haar geheue om sin te maak van die goeie en die slegte sodat sy dit einde ten laaste kan neerpen. Haar muse, wat saam met haar oud geword het, sluit vir oulaas by haar aan om feit van fiksie te help skei. ’n Meesleurende besinning oor die waarheid, verromantisering, kreatiwiteit en die liefde.

Wit isse colour

Ondersteun deur NATi
Met Ashwin Arendse en Tayme Philander
Regie: Jason Jacobs
Teks: Ashwin Arendse en Ronelda S. Kamfer
Taal: Afr
Geen o/14 T
Venue: NATI Arena
Datum en tyd: 30 April 19:00
Tydsduur: 50 min
Prys: R100

Die gevierde digter Nathan Trantraal is bekend vir sy priemende waarnemings van die wêreld waarin ons leef. Hierdie produksie is gegrond op observasies wat in Nathan se skryfwerk neerslag kry. Onderwerpe soos toxic masculinity, ’n re-imagined geskiedenis van Autshumao, en Jan van Riebeeck word oneerbiedig ondersoek.