‘N FEES VIR ALMAL!

kykNET Filmfees

 

Binnelandse Sake

Venue: kykNET & Kie Isibaya
Datum en tyd: 1 Mei 12:00 en 3 Mei 14:00
Tydsduur: 30 min
Prys: Gratis

Klara se besoek aan Binnelandse Sake, ‘n koue plek met harde stoele en lang rye, le soos ‘n berg voor haar. In die wagarea moet sy noodgedwonge luister na die ander mense se stories. Maar wanneer sy langs die charismatiese Gerhard beland, moet sy haar eie storie in die gesig staar. ‘n Storie wat sy veel eerder sal wil vergeet. 

Binnelandse Sake 

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 1 Mei 12:00, 3 Mei 14:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

Klara se besoek aan Binnelandse Sake, ’n koue plek met harde stoele en lang rye, lê soos ’n berg voor haar. In die wagarea moet sy noodgedwonge luister na die ander mense se stories. Maar wanneer sy langs die charismatiese Gerhard beland, moet sy haar eie storie in die gesig staar. ’n Storie wat sy veel eerder sal wil vergeet.

Die Begrafnis

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 1 Mei 13:00, 2 Mei 16:00 en 3 Mei 20:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

Wanneer Hendrik Exodus Gert Thys te sterwe kom, moet sy geliefde vrou, Mathilda, iederhaas begrafnisreelings tref. Die familie probeer ondersteun, maar elkeen het eintlik maar ‘n selfsugtige agenda. Die gemeenskap met hul alewige skinderstories oor roubeklaers se outfits, die begrafnisdiens en hoe die breyani proe, maak dinge net nog moeiliker. Sal die arme Mathilda vir Hendrikkie die begrafnis gee wat hy verdien?

Die Begrafnis 

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 1 Mei 13:00, 2 Mei 16:00, 3 Mei 20:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

Wanneer Hendrik Exodus Gert Thys te sterwe kom, moet sy geliefde vrou, Mathilda, inderhaas begrafnisreëlings tref. Die familie probeer ondersteun, maar elkeen het eintlik maar ’n selfsugtige agenda. Die gemeenskap met hul alewige skinderstories oor roubeklaers se outfits, die begrafnisdiens en hoe die breyani proe, maak dinge net nóg moeiliker. Sal die arme Mathilda vir Hendrikkie die begrafnis kan gee wat hy verdien?

Gebles

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 1 Mei 14:00 en 2 Mei 15:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

Op hoerskool was Jona net die man. Almal wou soos hy wees. Maar nou, tien jaar later, sukkel hy steeds om groot te word en aan te beweeg. Hy klou vas aan die verlede soos wat hy kleef aan sy eksmeisie, sy sukkelende loopbaan en sy kwynende haar-lyn. By ‘n partytjie soek hy troos by sy eks, maar storm badkamer toe wanneer vertoningsangs sy planne in die wiele ry. En net daar ontmoet hy vir Bieke – parmantig, prettig en verslaaf aan jellie-lekkers. 

Gebles

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 1 Mei 14:00, 2 Mei 17:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

Op hoërskool was Jona nét die man. Almal wou soos hy wees. Maar nou, tien jaar later, sukkel hy steeds om groot te word en aan te beweeg. Hy klou vas aan die verlede soos wat hy kleef aan sy eksmeisie, sy sukkelende modelloopbaan en sy kwynende haarlyn. By ’n partytjie soek hy troos by sy eks, maar storm badkamer toe wanneer vertoningsangs sy planne in die wiele ry. En net daar ontmoet hy vir Bieke – parmantig, prettig en verslaaf aan jellie-lekkers.

Hoe om ‘n perd te teken

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 1 Mei 15:00 en 2 Mei 18:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

‘n Sielsmoee jong man neem op ”n koue winteraand die laataandbus en word gekonfronteer met die verlede, hede en die toekoms. 

Hoe om ‘n perd te teken

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 1 Mei 15:00, 2 Mei 19:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

’n Sielsmoeë jong man neem op ’n koue winteraand die laataandbus en word gekonfronteer met die verlede, hede en die toekoms.

Janneman 

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 1 Mei 16:00 en 2 Mei 19:00

Tydsduur 30 min

Prys: Gratis

Janneman bestel ‘n DIY DNA kit om sy biologiese pa op te spoor, en begin skelmpies spoegmonsteres van al die omies in die dorp versamel. Maar sy ma se jarelange metgesel, Boetie Boude, is bang Janneman se hart word gebreek. Boonop is die dorpenaars lastig – ant Stiena Skuinsle en Mevrou Dominee meng in met Janneman se soektog. Sal Janneman besef dat Boetie die enigste vaderfiguur is wat hy nodig het? Of sal Boetie toelaat dat hy sy derra vind? 

 

Janneman

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 1 Mei 16:00, 2 Mei 19:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

Janneman bestel ’n DIY DNA Kit om sy biologiese pa op te spoor, en begin skelmpies spoegmonsters van al die omies in die dorp versamel. Maar sy ma se jarelange metgesel, Boetie Boude, is bang Janneman se hart word gebreek. Boonop is die dorpenaars lastig – ant Stiena Skuinslê en Mevrou Dominee meng in met Janneman se soektog. Sal Janneman besef dat Boetie die enigste vaderfiguur is wat hy nodig het? Of sal Boetie toelaat dat hy sy derra vind?

Lakens

 

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 1 Mei 17:00 en 2 Mei 20:00 

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

Na Willie se dood sukkel Lika om oor die tragedie te kom. Sy sluit aan by ‘n vrouegroep, gaan terug werk toe en glimlag deur ongemaklike kuiers by haar ouers. Van ver af lyk alles oukei. Maar dan kom sy af op ‘n pamflet wat verduidelik hoe mens met gestorwe geliefdes in verbinding kan tree. Vir die eerste keer in ‘n lang tyd ervaar sy hoop… 

Lakens

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 1 Mei 17:00, 2 Mei 20:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

Ná Willie se dood sukkel Lika om oor die tragedie te kom. Sy sluit aan by ’n vrouegroep, gaan terug werk toe en glimlag deur ongemaklike kuiers by haar ouers. Van ver af lyk alles oukei. Maar dan kom sy af op ’n pamflet wat verduidelik hoe mens met gestorwe geliefdes in verbinding kan tree. Vir die eerste keer in ’n lang tyd ervaar sy hoop …

Miemie (en die meteoriet wat haar definitief gaan tref)

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 1 Mei 18:00 en 3 Mei 21:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

Miemie, die ongelukkigste mens op aarde, is al drie keer deur weerlig getref. Klokslag elke Dinsdag kry sy ‘n koorsblaar. En nou is daar ‘n meteoriet op pad. Die dorpenaars vlug, want hulle weet, met Miemie in die omtrek is almal se dae getel. Net haar tromspelerbuurman, Otto, bly agter. Saam bedink hulle maniere om die meteoriet te ontduik. Maar die balans tussen geluk en ongeluk is ingewikkelder as wat enigiemand sou verwag.

Miemie (en die meteoriet wat haar definitief gaan tref) 

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 1 Mei 18:00, 3 Mei 21:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

Miemie, die ongelukkigste mens op aarde, is al drie keer deur weerlig getref. Klokslag elke Dinsdag kry sy ’n koorsblaar. En nou is daar ’n meteoriet op pad. Die dorpenaars vlug, want hulle weet, met Miemie in die omtrek is almal se dae getel. Net haar tromspeler-buurman, Otto, bly agter. Saam bedink hulle maniere om die meteoriet te ontduik. Maar die balans tussen geluk en ongeluk is ingewikkelder as wat enigiemand sou verwag.

My gelykenis

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 1 Mei 18:00 en 3 Mei 21:00

Duration: 30 min

Prys: Gratis

Hilde Roodt, ‘n begaafde genetikus, wil die wereld van alle kwale genees – ook haar eie. Ind ie soeke na antwoorde en oplossings plaas sy haar loopbaan, verhoudings en reputasie op die spel. Wanneer jy met die natuurlik orde begin peuter, kan die gevolge ernstig wees. Na alles kom evolusie tog teen ‘n prys. 

My Gelykenis

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 1 Mei 19:00, 3 Mei 12:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

Hilde Roodt, ’n begaafde genetikus, wil die wêreld van alle kwale genees – ook haar eie. In die soeke na antwoorde en oplossings plaas sy haar loopbaan, verhoudings en reputasie op die spel. Wanneer jy met die natuurlike orde begin peuter, kan die gevolge ernstig wees. Ná alles kom evolusie tog teen ’n prys.

Oedipus: Die Musical 

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 1 Mei 19:00 en 3 Mei 12:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis 

In 1979 het KRUIK die bekroonde Nederlandse regisseur Hermanus de Jong, na Kaapstad genooi om ‘n musiekblyspel gebaseer op die Oedipus-mite in die Nico Malan op die planke te bring, met gevolge van mitologiese proporsies. In 1999 ontdek ‘n jong dokumenterefilmmaker argiefmateriaal oor Oedipus: Die Musical. In hierdie rolprent vertel lede van die oorspronklike geselskap hoe die produksie 40 jaar gelede Suid-Afrika se teaterlandskap vir altyd verander het.

Oedipus: Die Musical

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 1 Mei 20:00, 3 Mei 13:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

In 1979 het KRUIK die bekroonde Nederlandse regisseur, Hermanus de Jong, na Kaapstad genooi om ’n musiekblyspel gebaseer op die Oedipus-mite in die Nico Malan op die planke te bring, met gevolge van mitologiese proporsies. In 1999 ontdek ’n jong dokumentêre-filmmaker argiefmateriaal oor Oedipus: Die Musical. In hierdie rolprent vertel lede van die oorspronklike geselskap hoe die produksie 40 jaar gelede Suid-Afrika se teaterlandskap vir altyd verander het.

Rooilug 

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 1 Mei 21:00, 2 Mei 13:00 en 3 Mei 15:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

Wanneer Boeta nuus kry van sy suster se skielike dood, reis hy na hulle grootword-dorp in die Karoo. Herinneringe oor die omstandigehde van hul kinderdae spook by hom tydens die rit. Boeta het nog altyd verantwoordelik vir sy suster gevoel, en hy moes haar keer op keer beskerm teen die oorweldigende gevolge van besluite wat hulle moes neem. ‘n Ontroerende verhaal oor verlies en gesinsgeweld.

Rooilug

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 1 Mei 21:00, 2 Mei 13:00, 3 Mei 15:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

Wanneer Boeta nuus kry van sy suster se skielike dood, reis hy na hulle grootword-dorp in die Karoo. Herinneringe oor die omstandighede van hul kinderdae spook by hom tydens die rit. Boeta het nog altyd verantwoordelik vir sy suster gevoel, en hy moes haar keer op keer beskerm teen die oorweldigende gevolge van besluite wat hulle moes neem. ’n Ontroerende verhaal oor verlies en gesinsgeweld.

Sussie 

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 2 Mei 12:00 en 3 Mei 16:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

Delia se wereld draai om haar jonger suster en beste vriendin. Jana, hul ma, voer ‘n stryd met die bottel; daarom loer die bure heeltyd in. Buurman Bert raak bekommerd omdat hy vir Sussie dae lank nie gesien het nie, en sy vrou Tina glo die meisies het blomme uit hul tuin gesteel. Delia sal egter alles doen om die geheim wat almal se wereld in dioe kan laat stort, te bewaar.

Sussie 

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 2 Mei 12:00, 3 Mei 16:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

Delia se wêreld draai om haar jonger suster en beste vriendin. Jana, hul ma, voer ’n stryd met die bottel; daarom loer die bure heeltyd in. Buurman Bert raak bekommerd omdat hy vir Sussie dae lank nie gesien het nie, en sy vrou Tina glo die meisies het blomme uit hul tuin gesteel. Delia sal egter alles doen om die geheim wat almal se wêreld in duie kan laat stort, te bewaar.

SwaaiBraai 

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 2 Mei 21:00 en 3 Mei 17:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

Lourens en Susan se wittebrooddae is lankal verby, en wanneeer Susan vir Lourens die soveelste keer betrap waar hy bloufilms kyk, besluit hulle op ‘n drastiese stap om die vonk terug te kry – ‘n Swaaibraai. Maar wanneer hulle by die ”ruil-partytjie” opdaag, is die gasheer niemand anders nie as Lourens se ou pel , Bennie. En Lourens kry dadelik sin vir Bennie se nimfomaniese vrou Vicky. Gaan die petalje weer oemf in hul huwelik sit, of geld die ou seding: As jy met vuur speel, sal jy brand?

SwaaiBraai

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 2 Mei 21:00 en 3 Mei 17:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

Lourens en Susan se wittebrooddae is lankal verby, en wanneeer Susan vir Lourens die soveelste keer betrap waar hy bloufilms kyk, besluit hulle op ‘n drastiese stap om die vonk terug te kry – ‘n Swaaibraai. Maar wanneer hulle by die ”ruil-partytjie” opdaag, is die gasheer niemand anders nie as Lourens se ou pel , Bennie. En Lourens kry dadelik sin vir Bennie se nimfomaniese vrou Vicky. Gaan die petalje weer oemf in hul huwelik sit, of geld die ou seding: As jy met vuur speel, sal jy brand?

Van Nasionale Belang  

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 2 Mei 14:00 en 3 Mei 18:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

Stefan Naude, ‘n geheime agent vir Nasionale Intelligensie, luister in op ‘n gesprek tussen ‘n sluipmoordenaar en sy skelmpie. ”n Minister se lewe word bedreig, maar daar is komplikasies: die moordenaar is Stefan se buurman, en die skelmpie Stefan se vrou. Hoe gaan Stefan sy belangekonflik hanteer om die land en sy vrou te red? y wend hom tot sy kleurvolle kollegas vir hulp met die missie van nasionale belang!

Van Nasionale Belang 

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 2 Mei 14:00, 3 Mei 18:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

Stefan Naudé, ’n geheime agent vir Nasionale Intelligensie, luister in op ’n gesprek tussen ’n sluipmoordenaar en sy skelmpie. ’n Minister se lewe word bedreig, maar daar is komplikasies: die moordenaar is Stefan se buurman, en die skelmpie Stefan se vrou. Hoe gaan Stefan sy belangekonflik hanteer om die land én sy vrou te red? Hy wend hom tot sy kleurvolle kollegas vir hulp met dié missie van nasionale belang!

Vinnie + Olga 

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 2 Mei 14:00 en 3 Mei 18:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

Olga Vockerodt, ‘n non. is ‘n geheime agent vir die Vrystaatese Vampiervegters (VVV). Sy word afgevaardige om vir Vinnie, ‘n uitgeslape ou bloedsuier, by ‘n fopbegrafnis te elimineer. Haar missie ontaard in ‘n nagmerrie wanneer Vinnie haar uitoorle. Uiteindelik kry Olga die oorhand, maar sy is bekommerd oor die bytplek aan haar nek. En wie loop sy die volgende dag by ‘n bloedbank raak, besig om ‘n tannie se bloed te trek…

Vinnie + Olga 

Venue: kykNET & Kie Isibaya

Datum en tyd: 2 Mei 15:00, 3 Mei 19:00

Tydsduur: 30 min

Prys: Gratis

Olga Vockerodt, ’n non, is ’n geheime agent vir die Vrystaatse Vampier-vegters (VVV). Sy word afgevaardig om vir Vinnie, ’n uitgeslape ou bloedsuier, by ’n fopbegrafnis te elimineer. Haar missie ontaard in ’n nagmerrie wanneer Vinnie haar uitoorlê. Uiteindelik kry Olga die oorhand, maar sy is bekommerd oor die bytplek aan haar nek. En wie loop sy die volgende dag by ’n bloedbank raak, besig om ’n ou tannie se bloed te trek …