‘N FEES VIR ALMAL!

PJ Powers, ’n Suid-Afrikaanse legende, snoer talente saam met die Tygerberg-kinderkoor om hierdie musiek-extravaganza na die feesverhoog te bring. PJ se onblusbare energie, tesame met die mooiste koorklanke en haar uitmuntende orkes bestaande uit van SA se top rock musikante, beloof ’n onvergeetlike ervaring. Feesgangers kan uitsien na treffers soos Welcome to Africa, The right to learn, Jabulani, Sanbonani, Destiny, The world in union en Shosholoza.

Met PJ Powers en die Tygerberg Kinderkoor o.l.v. Karina Erasmus, ondersteun deur die PJ Powers band – Tigger Reunert (kitaar), Schalk Joubert (baskitaar), Rollins Mankge (klawers), Kevin Gibson (dromme)
Musikale Regisseur: Tigger Reunert
Koorverwerking: JP de Villiers
Vervaardiger: Vicky Davis met CTMA
Venue: Atlantic Film Studios
Datum en tyd: 14 November, 15 November 20:00
Tydsduur: 75 min
Prys: R250 per voertuig – Max 2, R300 per voertuig – Max 4

KLIK HIER vir kaartjies by Computicket